Beschreibung
Produktdetails
Format
ePUB
Kopierschutz
Ja
Family Sharing
Ja
Text-to-Speech
Ja
Erscheinungsdatum
20.09.2017
Verlag
LAPA PublishersSeitenzahl
358 (Printausgabe)
Dateigröße
1484 KB
EAN
9780799385946
Die Tweede Wêreldoorlog in al sy hebsug en barbaarsheid breek uit toe Mentje de Vries, 'n Nederlandse oorlogswesie, tien jaar oud is. Sy beland saam met Joodse vlugtelinge in 'n geheime kamp in die Nederlandse woude. Toe die situasie te gevaarlik raak omdat die Duitsers die kamp enige dag gaan ontdek, moet sy vlug na familie in Arnhem, maar daar is sy ook nie welkom nie. Sy moet veg om oorlewing tydens die Slag van Arnhem en gepaardgaande Honger Winter van 1944 - 1945.
Byna aan die ander kant van die wêreld, in Suid-Afrika, sluit Tinus van Jaarsveld as 'n valskermsoldaat by die Britse Leër aan. Dit is nie soseer trou aan die Britse Ryk wat hom daartoe dryf nie, maar die vergoeding wat hy daarvoor gaan kry, want hy wil die Van Jaarsvelds se familieplaas terugkoop. Toe hy by Arnhem gewond word, stel Mentje haar lewe in gevaar om hom te red.
Ná die oorlog laat kom Tinus haar na Suid-Afrika en sy moet aanpas by nuwe omstandighede, midde-in drie geslagte van die verskeurde Van Jaarsvelds. Verlies en versoening, mensliewendheid en vergifnis is die kamerade wat Mentje en Tinus deur beproewende tye dra.
Irma Joubert is 'n geliefde naam in historiese fiksie. Al haar vorige romans was topverkopers en met Mentje, kind van Pas-Opkamp sit sy hierdie tradisie voort.
Kundinnen und Kunden meinen
Verfassen Sie die erste Bewertung zu diesem Artikel
Helfen Sie anderen Kund*innen durch Ihre Meinung
Kurze Frage zu unserer Seite
Vielen Dank für Ihr Feedback
Wir nutzen Ihr Feedback, um unsere Produktseiten zu verbessern. Bitte haben Sie Verständnis, dass wir Ihnen keine Rückmeldung geben können. Falls Sie Kontakt mit uns aufnehmen möchten, können Sie sich aber gerne an unseren Kund*innenservice wenden.
zum Kundenservice